Betroubare & Ervare Onkoloë

Welkom by Vita Onkologie

Die betekenis van Vita – Die betekenis van Lewe…Hierdie naam was vir ons opvallend, aangesien ons glo in die voortsetting van ‘n vol, betekenisvolle lewe ten spyte van ‘n kanker diagnose.

Dienste

Kyk gerus na die dienste wat ons bied

Ontmoet Die Span

Baie jare se ervaring hier te vind

Vrae

Kry antwoorde op die algemene vrae

Kontak Ons

Ons wil graag van jou hoor. Kontak ons gerus.

Meer Oor Vita Onkologie

Ons Geskiedenis

Die praktyk is in 1991 deur Dr Alma van der Merwe, ʼn medies onkoloog, gestig. Chemoterapie was aanvanklik die enigste behandelingsmodaliteit, maar bestralingsterapie is in 2000 met die koms van Dr Anna-Marie Visser gevestig. Sedertdien het die praktyk uitgebrei toe Dr. George Loots (2007), Dr.Ilze Fourie (2018), en Dr. Louis Cordier (2021) daarby aangesluit het.

Ons Praktyk

Konsultasies geskied by twee persele: Solwaystraat nr. 17 in Boston, Bellville en die Cape Gate Onkologie Sentrum in Kraaifontein. Bestraling word egter nie tot hierdie eenhede beperk nie; behandeling kan ook by Panorama, Rondebosch en N1 Stad geskied. Sodoende kan ons ‘n verskeidenheid van gevorderde bestralingstegnieke en bragiterapie aan ons pasiënte bied.

Wat Ons Glo

Ons waardes sluit in empatie, pasiënt-gesentreerde sorg, eerlikheid en uitnemendheid. Die praktyk glo in ‘n multi-dissiplinêre benadering. Pasiënt gevalle word dikwels by gekombineerde klinieke waar onkoloë, chirurge,ginekoloë, uroloë, radioloë, patoloë en maatskaplike werkers teenwoordig is, bespreek. Deur hierdie sorgvennote te betrek, kan die beste behandelingsplan vir elke pasiënt saamgestel word.

‘The meaning of life is to find your gift
The purpose of life is to give it away’ ~ David S Viscott

‘The meaning of life is to find your gift. The purpose of life is to give it away’ ~ David S Viscott

Meer Oor Vita Onkologie

Ons Geskiedenis

Die praktyk is in 1991 deur Dr Alma van der Merwe, ʼn medies onkoloog, gestig. Chemoterapie was aanvanklik die enigste behandelingsmodaliteit, maar bestralingsterapie is in 2000 met die koms van Dr Anna-Marie Visser gevestig. Sedertdien het die praktyk uitgebrei toe Dr. George Loots (2007), Dr.Ilze Fourie (2018), en Dr. Louis Cordier (2021) daarby aangesluit het.

Ons Praktyk

Konsultasies geskied by twee persele: Solwaystraat nr. 17 in Boston, Bellville en die Cape Gate Onkologie Sentrum in Kraaifontein. Bestraling word egter nie tot hierdie eenhede beperk nie; behandeling kan ook by Panorama, Rondebosch en N1 Stad geskied. Sodoende kan ons ‘n verskeidenheid van gevorderde bestralingstegnieke en bragiterapie aan ons pasiënte bied.

Wat Ons Glo

Ons waardes sluit in empatie, pasiënt-gesentreerde sorg, eerlikheid en uitnemendheid. Die praktyk glo in ‘n multi-dissiplinêre benadering. Pasiënt gevalle word dikwels by gekombineerde klinieke waar onkoloë, chirurge,ginekoloë, uroloë, radioloë, patoloë en maatskaplike werkers teenwoordig is, bespreek. Deur hierdie sorgvennote te betrek, kan die beste behandelingsplan vir elke pasiënt saamgestel word.

ONS VOORDEEL

Pasiënt-Gesentreerde Sorg word
gedryf deur ons waardes:

Empatie

Uitnemendheid

Eerlikheid

WORD DEEL VAN ONS FAMILIE

Ontvang Ons Nuusbrief

Ons deel baie artikels en inligting rakende ons gebied.

AANLYN REGISTRASIE

Registreer Aanlyn?

Spaar tyd en registreer aanlyn.